Posts

  2025-05-31 Daar is baie mense wat vir my bid en ondersteun.   Na behandeling hou ek daarvan om gou terugvoer te gee en almal op hoogte te hou.   Dit keer vat dit egter ’n tydjie om my emosies agtermekaar te sit.   Ek begin weer met die kort antwoord as iemand dal nie kans het om alles te lees nie: Die toetse is klaar - bloed, urine, longe, angiogram en fisioterapeut.   Ook gesprekke met dieetkundige, sielkundige, hartoorplanting program bestuurder en die hartoorplanter homself. My syfers is reg vir n oorplanting en ek is op die waglys, maar nie die dringende lys nie n Oorplanting het BAIE newe effekte. Dok wil kyk of ons nog n klompie myle uit die hart kan kry. Ek moet elke 3 maande na die kardioloog gaan sodat ons verswakking of hopelik verbetering kan monitor.     Nou vir die lang antwoord: Ds Clark het gister gebel en ons het lekker gesels – blykbaar neem dit ’n mens tot 72 uur om ’n moeilike boodskap te verwerk, so ek het ...